Your Recipe Blog

ROOMPOFFERTJIES MET SJOKOLADESOUS

Cook: 10 - 20 minute

ROOMPOFFERTJIES MET SJOKOLADESOUS

  • Poffertjies:
  • 1 koppie kookwater
  • 115 g botter
  • 1 koppie koekmeel
  • 4 groot eiers

Plaas kookwater in kastrol, roer botter by en roer daarna die meel by, roer vinnig tot bal vorm, klop vinnig vir 1 minuut, laat afkoel vir 5 min.
Voeg eiers 1 vir 1 by en bly roer tot sagtebal vorm.
Skep teelepels vol op gesmeerde bakplaat of spuit met spuitsak.
Bak 10 – 20 min by 220ºC en dan 25 min by 180ºC.
Steek gaatjie in met breipen of tande stokkie en laat koud word.

  • Vulsel:
  • 500 ml room
  • 25 ml strooisuiker
  • 2 ryp piesangs, fyn gemaak
  • 1 ml karamel of vanilla geursel (ek gebruik net karamel geursel)
  • Bolaag – sjokolade sous:
  • ½ pak versiersuiker
  • 3 eetlepels kakao
  • 3 teelepels botter
  • 30 ml kookwater

Meng die bestanddele vir die sous saam.

Resep en foto: Riana Du Plessis

Nota:
Jennifer Wait
Ek klits dit met ‘n menger in – een eier op ‘n slag. Werk vir my.

Nota:
Doné Smith
Dit is regtig maklik om te maak. Selfs ek kan dit maak en ek kan nie regtig bak nie. Maar die kan ek maak. Maak dan sommer genoeg en vries van dit.

Foto:
Liza Botes
Heerlike roompoffertjies met smelt sjokolade en brownies met Bar One sous.

  • Bar One sous:
  • 1 houer room
  • 2 groot Bar Ones, opgekerf
  • ½ blik kondensmelk

Plaas in ‘n pot en op baie lae hitte, kook saam en roer aanhoudend.

Hooffoto:
Suenell Liebenberg
Het vandag Choux bakkies gemaak, het die deeg in versiersak gesit en op agterkant van gesmeerde muffin pannetjies gespuit en gevries.
Afgehaal en op gesmeerde bakplaat geplaas en gebak tot goud bruin by 180°C vir so ongeveer 30 min. Laat afkoel en toe gevul met Butterscotch mousse.
https://yourrecipeblog.com/recipes/suenell-se-heerlike-mousse/

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page