Your Recipe Blog

ROOI SOETRISSIE BLATJANG

ROOI SOETRISSIE BLATJANG

  • 6 rooi soetrissies, geskil en in stukke gesny
  • 3 uie, geskil en medium grof gekap
  • 2 knoffelhuisies
  • ¾ teelepel rissievlokkies
  • 1 klein blikkie tamatiepasta
  • 1 hoogvol teelepel gerookte paprika
  • sout en growwe peper
  • druiwepitolie
  • 1¼ koppies bruinsuiker
  • ⅔ koppie wynasyn
Braai die uie in die olie tot dit rokerig is.
Voeg die soetrissies by en braai tot dit net-net wil begin vasplak.
Voeg die knoffel, sout, paprika, tamatiepasta en rissievlokkies by en laat 2 minute braai.
Verlaag die hitte.
Voeg die asyn en suiker by.
Maak seker die suiker is gesmelt en prut tot dit verdik na smaak.
Ek het dit met die voedselverwerker so bietjie “chunkier” gekap.
Proe en geur met sout en peper indien nodig.
Koel af.
Ek bottel nie die spul nie.
Dit staan sommer in ‘n houer in die yskas.

Môre bedien ek dit op Camembert pastei vir ‘n onthaal se voorgereg.
Kan ook saam met kaaskoekies bedien word.
https://yourrecipeblog.com/recipes/kaaskoekies/

Resep en foto: Frikkie  Jones
Ilze Jacobs:
Ek het Frikkie Jones se rooi soetrissie blatjang die naweek gemaak, en net versoeter na smaak en 1 ½ ui gebruik om dit laer in koolhidrate (low carb) te maak. Heerlik verby op ‘n soutbeskuitjie met kaas.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page