Your Recipe Blog

KAASKOEKIES

Cook: 30 minute

KAASKOEKIES

Ek bak die koekies by die duisende en is elke keer ‘n wenner. Pasop net dat die deeg nie te warm word nie.

  • 700 g koekmeel
  • 600 g botter, yskoud in blokkies gesny
  • 600 g Cheddarkaas, fyn gerasper
  • 1 hoogvol teelepel mosterdpoeier
  • 1 hoogvol teelepel uiepoeier
  • 1 teelepel sout
  • ½ hoogvol teelepel gerookte paprika
  • ½ teelepel rooipeper

Sif die droë bestanddele saam in ‘n bak van ‘n staanmenger.
Voeg die botter by en meng die botter met die K-haak in die droë bestanddele op lae spoed tot die botter opgebreek en ingevryf is.
Voeg die kaas by en meng stadig tot die deeg bymekaarkom.
Deel die deeg in 2 en druk ‘Discs” uit.
Bedek die deeg en laat dit 1 – 2 ure in die yskas staan, verkieslik oornag.
Rol die deeg uit op ‘n oppervlak, met so min as moontlik meel bestrooi, tot 5 mm dik en druk vorms uit met ‘n koekiedrukker van eie keuse.
Pak die koekies op ‘n gesmeerde bakplaat en vries tot wanneer jy gereed is om te bak.
Dis belangrik dat die koekies yskoud in die oond ingaan.
Bak die koekies in ‘n voorverhitte oond by 140⁰C vir 15 min, draai en ruil die panne en bak ‘n verdere 15 min.
Laat die koekies effens afkoel op die plaat en laat dit verder heeltemal afkoel op ‘n bakdoek.

Resep en foto: Frikkie Jones

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page