ROOI FLUWEELKOEK MET BEET
- 1 kg rou beet, geskil en gerasper
- koue water om mee te bedek
Sit die beet in ‘n kastrol en bedek met water. Kook stadig vir 2 ure tot die beet se kleur uitgekook in die water is en die beet vaalgrys is.
Giet af en gooi die vog terug in die pot. Sit 2 eetlepels asyn by en kook nog ‘n goeie 2 ure oop tot die vog halveer het.
- Beslag:
- 4 eiers, geskei
- 1 koppie suiker
- 30 ml kakao, opgemaak tot 200 ml met beetkonsentraat en ‘n bottel koekkleursel indien verkies
- 90 ml sonneblomolie
- 1 teelepel vanilla geursel
- knippie sout
- 280 tot 300 ml koekmeel afhangend van die weer
- 3 teelepels bakpoeier
Klits die eierwitte en sout saam tot styf en hou eenkant.
Klits die eiergele en suiker met dieselfde klitser tot dik en bleek +-8min.
Voeg die kakaomengsel, olie en vanilla by en sif die meel dan oor. Meng tot net gemeng teen lae spoed.
Sprinkel die bakpoeier oor en vou die stywe eierwitte in 2 “stages” versigtig in met ‘n metaal lepel.
Giet in voorbereide 23 cm pan, uitgevoer met silikon pan.
Bak by 180°C vir 45 tot 60 min of tot toetspen skoon uitkom.
Wenk:
Sit ‘n poedingbakkie kookwater in die oond terwyl jy bak. Dit hou die koek klam.
Keer uit op n draadrak en koel af onder ‘n nat vadoek.
Wanneer koud, sny in 3 en vul met die volgende versiersel of versiersel van jou keuse.
- Klits die volgende saam tot donsig:
- 125 g roomkaas
- 125 g botter
- knippie sout
- 1 teelepel vanilla geursel
- 1 teelepel suurlemoensap
- Voeg die volgende by en klits tot wolkerig.:
- 250 g versiersuiker
- Voeg die volgende by:
- zest van 1 suurlemoen
Meng goed deur en gebruik.
Genoeg versiersel vir 1 x dubbellaag groot koek.
Stoor die koek by kamertemperatuur om uitdroog te keer.
Hierdie resep kan maklik verdubbel word of 1.5 keer aangemaak word. Moet net nooit meer as verdubbel nie.
Resep: Frikkie Jones
Foto: Petré Van Jaarsveld
Ek het die Heerlike versiersel op die stoof gebruik en gekapte pekanneute bygevoeg. Geblikte aarbeie op gesit en sjokolade op gerasper.
https://yourrecipeblog.com/recipes/heerlike-versiersel-op-die-stoof/