RIA SE DOPPIES
- 3 koppies koekmeel
- 3 teelepel bakpoeier
- ½ koppie suiker
- 3 eiers
- 250 g margarien
- ½ teelepel sout
Vryf margarien in die droë bestanddele in met die vingers.
Klits die eiers goed.
Meng die eiers met die meelmengsel
Rol baie dun uit. Maak groot tertdoppe of druk klein doppies af.
Nota:
Die geheim is om die deeg nie te rek as jy dit in die pannetjies insit nie, dan krimp dit terug.
Ek laat myne bietjie in pan rus voor ek dit bak.
Bak ongeveer 10 minute op 180 ºC of tot dit droog voel en verkleur.
Nota vir melktert doppies:
Ek kry so 5 dosyn doppies uit 4 koppies melk en melktert pap, hang natuurlik af hoe diep jou doppies is.
3 liter melk behoort genoeg te wees vir 200 doppies.
Resep: Ria Jacobs
Foto: Belinda Derrick Duvenage