PIZZA DEEG VIR 2 PIZZA’S
- 6 koppies koekmeel (840 g)
- 1 ½ pakkie gis (15 g)
- louwarm water
- 6 eetlepels olie
- knypie sout
Meng al die bestanddele saam tot ‘n lekker hanteerbare deeg, rol uit soos verkies.
Kan enige vulsel opsit. Maak 2 lekker groot pizza’s.
Bak teen 180 ºC tot die deeg gaar is en die kaas gesmelt is. Hang af hoe dik jou deeg is, hoe lank dit gaan neem.
- Topping soos op foto:
- Pynappel, spek, sampieone, kaasworsies, viennas en hoender gebruik. Ek het alles bietjie gebraai, behalwe viennas.
- Dan net pynappel opgestrooi en kaas laaste, ‘n rol ham gekoop, gesny in ringe en bo-op die kaas gesit.
Resep en foto: Melani Wickens