OLIE TERTKORS VIR APPELTERT
- 2 koppies koekmeel
- 4 eetlepels strooisuiker
- 2 teelepels bakpoeier
- 1 eier
- 2 eetlepels olie
- 2 teelepels vanilla geursel
- knypie sout
- 80 g botter/margarien
Klop botter en strooisuiker saam. Voeg eier, vanilla en olie by.
Sif droë saam en meng in by die bottermengsel.
Knie tot alles bymekaar kom.
Druk die helfte van die deeg onder in ‘n tertbak vas (ek druk ook die kante op).
Prik die deeg met ‘n vurk.
Vul met jou gunsteling appeltertvulsel.
Rasper oorblywende deeg oor en bak teen 180°C so 45 minute tot lekker goud bruin.
Resep en foto: Nadia Ferreira