Your Recipe Blog

MOUSSE VERSIERSEL MET ROOMKAAS

MOUSSE VERSIERSEL MET ROOMKAAS

Ek het my heerlike mousse resep wat op die blog is so bietjie aangepas vir hierdie heerlike versiersel.

  • 500 ml koue room
  • 1 pak vanilla kitspoeding
  • 1 pak sjokolade kitspoeding (of enige geur wat verkies)
  • 1 blik kondensmelk
  • 100 ml melk
  • 230 g medium vet roomkaas

Klits die room effens en voeg die kits poeding bietjies bietjies by terwyl aanhoudend klits.
Voeg die kondensmelk by en klits goed deur. Voeg die melk en roomkaas by en klits goed.
Gebruik vir versiersel vir kolwyntjies.

Nota:
Om vanilla versiersel te maak, vervang die sjokolade kitpoeding met ekstra vanilla of met “sticky toffee” kitspoeding, hier kan jy enige kitspoeding na smaak gebruik.
Baie lekker en nie oor soet nie.

Hierdie resep is gebruik vir die kolwyntjies:
https://yourrecipeblog.com/recipes/rin-se-vanilla-kolwyntjies/

Resep en foto: Suenell Liebenberg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page