RIN SE VANILLA KOLWYNTJIES
Het weer vandag Rin se cupcakes op die blog gebak. Dit bly maar ‘n wenner.
Hier het ek ‘n klomp grondboontjiebotter en karamelgeursel by die botterversiersel gesit. Dit is heerlik verby.
- 3 eiers, geskei, klits witte styf
- 62.5 ml olie
- 125 ml koppie water
- 1 teelepel vanilla geursel
- 187.5 ml suiker
- 2 teelepels bakpoeier
- knippie sout
- 250 ml koekmeel
Klits al die bestanddele saam selfs die eiergele moet bygevoeg word, alles behalwe eierwitte wat styf geklits is.
Vou eierwitte in met ‘n metaal lepel indien moontlik.
Skep in kolwyntjie pannetjies met papiertjies en bak vir 15 min by 180ºC.
Versier soos verkies met botterversiersel van jou keuse.
Wilma Batt se grondboontjiebotter versiersel:
- Klits saam tot glad:
- 200 g margarien of botter
- grondboontjiebotter
- 500 g versiersuiker
- bietjie melk
- karamel geursel
Nadat die bottermengsel glad is, sit die grondboontjiebotter by, eers so 2 eetlepels, meng goed.
Sit die versiersuiker om die beurt met bietjie melk en nog grondbootjiebotter by tot tekstuur (dikte) reg is.
Voeg die geursel by en meng goed.
Nota:
Ek het omtrent twee derdes van die houer grondboontjiebotter gebruik.
Ek dink die smaak is Yummy!!!
Resep verskaf deur Suenelle Liebenberg – Ek het al groot koek gebak van dit, verdubbel die bestanddele.
Foto en versiersel: Wilma Batt
2de foto: Petro van Genderen
Elsabie Templeton
I’m super excited and happy with this recipe from the blog. Its soft and moist cupcakes as promised. I also got exactly 24 out. Made buttercream for the icing and coloured it two tones and used the separated disposable plastic piping bag for first time. It works well. I used my purple gel colour and ran a droplet down the seam on inside of the bag to create a dark edge on the one side.