MIELIEKORS VIR PASTEIE
Ek het hoendervleis oorgehad en dit gesnipper, gemeng met die sous en onder in die bak gesit. My swaer het vir my ‘n korsreseppie gestuur waaroor ek nuuskierig was en kyk hoe mooi.
- 1 koppie bruismeel
- knippie sout
- 1 teelepel mosterdpoeier
- 2 teelepel vars pietersielie
- 4 eetlepels botter/olie
- 420 g suikermielies
- 4 eetlepels melk
- 1 eier
Voeg meel, mosterdpoeier, sout en pietersielie bymekaar. Roer met ‘n vurk tot goed gemeng. Meng suikermielies, botter/olie, melk en eier baie goed en klits bietjie met lepel.
Voeg by die meelmengsel en meng goed tot ‘n gladde deeg.
Giet bo-oor die gaar vleis en bak by 180°C tot lekker bruin bo en gaar.
Resep geplaas deur Babs van der Westhuizen
Foto: Babs van der Westhuizen