MELKTERTJIES OP DIE VUUR
Ons het hierdie melktertjies gistraant vir nagereg gehad. Ons het Alta se doppies resep gebruik en dit net halveer en ons het vroulief (Rinie) se vulsel resep gebruik en dit was heeeeerlik.
- Vulsel:
- 4½ koppies melk
- 4 eetlepels suiker
- 3 eiers, geskei
- 3 hoogvol teelepels koekmeel
- 2½ eetlepels Maizena
- 1 eetlepel botter
- 1½ teelepels vanilla geursel
- kaneel, vir strooi
Verhit in mikrogolfoond 3 ½ koppies melk en 2 eetlepels suiker hoogvol.
Terselfdertyd klits die eierwitte styf en hou eenkant.
Klits die eiergele en 2 eetlepels suiker en voeg een koppie melk, koekmeel asook die Maizena geleidelik en om die beurt by en klits goed.
Moenie klonte vorm nie.
Wanneer die melk warm is, voeg die eiergeel mengsel by en verhit weer in mikrogolfoond. Klits elke minuut totdat die mengsel verdik en voeg botter en die vanilla by en klits.
Voeg nou die eierwitte by en vou in.
Laat die vulsel koud word en skep die doppies vol en strooi kaneel oor.
Nota:
Ek het dit toe sommer in my varkie oond gebak vir 15 min op plus minus 180° C.
Dit was djeeeerlik.
Resep en foto: Rinie en Gideon Louw
Doppies: Onthou om die resep te halveer vir die regte hoeveelheid vulsel.
https://yourrecipeblog.com/recipes/soetkors-vir-melktertjies-of-groot-tertkorse/