MARTIE SE TERTDOPPIES
Resep en foto’s: Martie Labuschagne
Ek het talle doppie resepte probeer en toe maar my eie een gemaak en dit is ‘n groot sukses, klein en groot tertdoppe en die een raak nie soggy nie. Kan gebruik word vir soet- en soutterte.
- 420 g koekmeel
- 5 ml sout
- 15 ml suiker
- 200 ml botter
- 1 meduim eier
- 5 ml asyn
- 65 ml water
- Vryf die botter in die droë bestanddele in laat dit soos brood krummels lyk.
- Meng die eier, asyn en water goed en voeg by die meelmengsel, meng en laat dit by mekaar kom tot sagte deeg.
- Rol die deeg uit op ‘n voorbereide oppervlak.
- Druk uit met ‘n koekiedrukker.
- Plaas in gespuite kolwyntjie panne en prit met ‘n vurk ‘n paar keer op die bodem (sien foto 2).
- Plaas ‘n “cupcake” papierjies in elke doppie, vul met droë bone (sien foto 3). Bak by 170°C vir 13 min.
Category:














