MARCEL SE BEESVLEISBLOKKIE PASTEI
- Skilferkors:
- 500 g ongesoute botter, in blokkies gesny
- 500 g koekmeel
- 250 ml sodawater
- 15 ml brandewyn of suurlemoensap
Sif meel en voeg botter by. Meng effens deur. Voeg sodawater en brandewyn of suurlemoensap by.
Maak aan tot ‘n deeg. Bedek met kleefplastiek en laat in die yskas rus vir 30 minute.
Begin die deeg in een rigting op ‘n meelbestrooide oppervlak uitrol.
Vou die deeg van agter na voor. Vee die oortollige meel af.
Vou die deeg van die kant na die middel en herhaal proses tot al die botter ingewerk is. Laat die deeg na elke twee rolle in die yskas rus – dit moet koud bly. Rol uit en sit bo-oor jou vulsel.
Bak 1ste 10 min so op 200 ºC en dan 20 – 30 min op 180ºC.
Vulsel:
Vulsel is sommer beesblokkies (500 g) wat ek lank en stadig gekook het in blokkie hoender stock, wortel en seldery bygesit, droë tiemie, roosmaryn, braaivleis speserye, en titseltjie cumin, later eers aartappel bygesit en gekook tot alles sag en gaar was – die vulsel was heerlik!
Resep geplaas deur Marcel-Rounel Siecker
Foto: Marcel-Rounel Siecker