“MANGO” HOENDERKERRIE
Jam blik “Bunny Chow” met mango hoenderkerrie
- 1 hoender, in porsies gesny (of 8 porsies)
- 2 uie, gekap
- 2 wortels, in ringe gesny
- 2 groot aartappels, in blokkies gesny
- 15 ml fyn vars knoffel
- 30 ml fyn vars gemmer
- 1 liter Ceres mangosap
- 30 ml kerriepoeier
- olie vir die braai van die hoender en uie
- 30 ml mielieblom (Maizina)
In die pot waarin jy jou kerrie gaan kook, braai jou hoender tot goudbruin.
Verwyder die hoender en braai die uie tot deurskynend.
Plaas hoender terug asook die wortel, kerriepoeier, knoffel en gemmer en braai vir nog ‘n paar minute.
Voeg die mangosap by en kook vir 30 minute teen medium hitte.
Sit nou die aartappels in en prut totdat die aartappels sag is, sowat 15 minute.
Proe en pas die sout, peper ens aan na smaak. Sorg dat daar baie sous is vir die “Bunny Chows”.
Verdik indien nodig met mielieblom en watermengsel.
Geniet.
JêMBLIK BROODJIES OF VETKOEK resep:
https://yourrecipeblog.com/recipes/jemblik-broodjies-of-vetkoek/
Resep en foto: Albert Buitenhuis