Your Recipe Blog

JêMBLIK BROODJIES OF VETKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 45 minutes

JêMBLIK BROODJIES OF VETKOEK

  • 960 g koekmeel/broodmeel
  • 10 ml kitsgis (1 pakkie)
  • 15 ml sout
  • 5 ml suiker
  • 15 ml wit asyn
  • 30 ml olie
  • ± 600 ml lou water

Sif die droë bestanddele saam. Meng die asyn by die water in, voeg die water (behalwe 100 ml) by die meel.
Begin knie en werk die olie bietjies-bietjies in deur jou knie hand, geolie te hou. (Dit maak ook die knie werk makliker.)
Indien die deeg te styf is, voeg van die 100 ml oorblywende water eetlepels gewys by. Knie vir ongeveer 10 minute.
Plaas in ‘n geoliede skottel, maak warm toe.
Laat rys tot dubbel die volume, knie af en plaas vuis grote gedeeltes in die konfyt blikke.
Laat weer rys tot effens bo die rand van die blik en bak in ‘n voorverhitte oond (180°C) vir 45 minute.
Verwyder uit die blikke en koel af op draadrak.
Hierdie deeg maak ook fantastiese vetkoek.

Resep en foto: Albert Buitenhuis

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page