MALVAPOEDING KOEKSTRUIF (TRIFLE)
Ek het ‘n video gesien wat ‘n vriendin gedeel het…en net daar besluit dat dit ons Kersdag nagereg gaan wees…net effens aangepas.
- 1 blik karamel
- 1 groot houer gekoopte vla
- 825 g blik perskeskyfies, gedreineer
- 250 ml room, geklits of meer indien verkies
- karamel sjokolade, gekap
- 1 malvapoeding, sien skakel
Bak ‘n malvapoeding soos in die skakel hieronder, in ‘n ronde bak wat uitgevoer is met bakpapier en goed gespuit is. Die bak moes effens kleiner as die trifle bak wees.
Laat die poeding afkoel en sny in helfte in die breedte deur m.a.w horisontaal.
Halveer die sous gedeelte van die malvapoeding resep en skep oor die twee helftes.
Deel een blik karamel tussen die twee tert helftes en smeer dit oor beide helftes.
Wanneer die tert heeltemal koud is, kan jy die trifle bymekaar sit.
Skep gekoopte vla onder in die trifle bak.
Gebruik ‘n halwe blik gedreineerde perskeskyfies en plaas bo-op die vla, dan ‘n laag geklopte room en dan die eerste tert helfte bo-op die room. Herhaal die lae.
Skep nog geklitste room bo-op en sit die gekapte karamel sjokolade bo-op.
Plaas in die yskas tot bedien.
yourrecipeblog.com/recipes/beste-malvapoeding/
Resep en foto: Ilze Jacobs