Your Recipe Blog

BESTE MALVAPOEDING

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40 minute

BESTE MALVAPOEDING

Resep en foto:  Heleen Nel
2de Foto – Pierre Jordaan

  • 45 ml (3 eetlepels) botter
  • 250 ml suiker
  • 1 eier
  • 5 ml koeksoda
  • 30 ml (2 eetlepels) appelkooskonfyt
  • 30 ml bruinasyn
  • 250 ml koekmeel
  • 250 ml melk
  • Klits botter en suiker goed saaam.
  • Klits eier, koeksoda en konfyt by.
  • Sif meel en roer by bottermengsel.
  • Voeg asyn by en meng goed.
  • Voeg melk geleidelik by en roer tot beslag glad is.
  • Bak in gesmeerde oondbak of individuele bakkies wat ¾ vol geskep word, op 180°C vir 40 min of tot ‘n toetspen skoon uitkom.
  • Sous:
  • 250 ml room of blikkie Ideal Melk
  • 125 g botter
  • 250 ml suiker
  • 125 ml melk of water
  • Kook bestanddele van sous vir ±3 min. saam.
  • Giet oor poeding sodra dit uit die oond kom.
  • Sit malvapoeding terug in afgeskakelde oond sodat die sous lekker kan intrek.

Bedien warm met vla en of roomys.

 

SJOKOLADE MALVAPOEDING
My sjokolade weergawe van hierdie resep vir vandag se middagete.
Ek het slegs bygevoeg:

  • Deeg:
  • 3 eetlepels kakao
  • 12 blokkies smeltsjokolade opgesny en op die deeg versprei voor baktyd.
  • Sous:
  • 3 eetlepels kakao
  • 2 eetlepels kitskoffie opgelos in ½ koppie kookwater.

Wat ‘n lekker variasie en “crowd pleaser”.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page