MAKLIKE PITA PIZZA BROODJIES
Ek het pitabroodjies deeg (wraps) gemaak met bakpoeier en het dit toe as pizza basisse gebruik. Die pita broodjies word in ‘n pan gebak. Daarna het ek die tamatiebasis gemaak en cheddar en mozzarella kaas oorgestrooi. Ek het dit gevries, maar twee gebak vir illustrasie doeleindes. Ek het karringmelk gebruik vir die pitas.
- 3 koppies koekmeel
- 2 teelepels bakpoeier
- genoeg karringmelk om stywe deeg aan te maak
Knie vir sowat drie minute, nie langer nie.
Rol uit in sirkels en bak in pan.
As dit klaar opgepof het, laat afkoel en vries.
Mens kan tamatie basis koop, maar dis maklik om self te maak:
- 1 blik tamatie-en-uie smoor
- 1 klein blikkie tamatiepasta
Kook op lae hitte tot dit styf is.
Smeer op die pitas en sit jou gunsteling vulsel op met baie kaas.
Onthou om basiliekruid, swartpeper en sout by die tamatiebasis te voeg.
Resep en foto: Maya Durand