Your Recipe Blog

MAKLIKE EN EENVOUDIGE PIZZA DEEG

Avatar photo
Recipe by
| Servings: ongeveer 2 -3 pizza's hang af van die grootte

MAKLIKE EN EENVOUDIGE PIZZA DEEG

Foto: Juanri Van Der Walt

  • 2 koppies koekmeel
  • ​1 pakkie kitsgis (Instant Yeast)
  • ​1 teelepel sout
  • 2 eetlepels kookolie
  • 240 ml louwarm water
Plaas die meel en die kitsgis in ‘n groot mengbak.
​Meng die meel en gis deeglik met ‘n lepel
​Voeg die sout by en meng dit ook in.
​Maak ‘n holte in die middel van die droë bestanddele.
​Voeg die olie en louwarm water by.
​Meng alles met ‘n houtlepel of jou hand totdat dit ‘n growwe massa vorm.
​Meng totdat al die meel geabsorbeer is en dit ‘n bol deeg vorm.
​Strooi ‘n bietjie meel op ‘n skoon werkoppervlak of tafel.
​Plaas die deeg op die meel en knie dit 5 minute lank kragtig. Die deeg moet glad en elasties wees.
​Smeer ‘n skoon plastiek- of glasbak met ‘n bietjie olie.
​Plaas die deegbol in die bak en ​bedek die bak styf met kleefplastiek of ‘n klam vadoek.
Plaas dit op ‘n warm plek om te rys totdat dit in volume verdubbel het (dit neem gewoonlik 1 tot 1.5 uur, afhangende van die temperatuur (‘n paar minute in die son kan help).
Voorverhit die oond tot 180°C.
Rol die deeg uit in pizza vorm en plaas deeg op ‘n oond plaat.
Sit eers net so in die oond om net effens gaar te word, ongeveer 10 min hang af van die grootte van die pizza.
Haal die pizza basisse uit, smeer met tamatie pasta en plaas al jou vulsels en souse op soos verkies.

Plaas terug in oond vir ‘n verdere 10 – 15 min.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page