Your Recipe Blog

LUI HUISVROU HOENDERPASTEI

Recipe by
Cook: 40 - 60 minute | Servings: ongeveer 6

LUI HUISVROU HOENDERPASTEI

Ek het sommer my eie kop gevolg en toe is die pastei gebore, ek het glutenvrye meelmengsel gebruik vir my kors en binne-in die room, maar dit het nogsteeds baie mooi gekom. Die glutenvrye meelmengsel het die kors is so lekker “crispy” gemaak.

  • 1 heel hoender
  • 1 groot ui, gekap
  • 1 pakkie sampioene gekap
  • 1 knoffel vingertjie, gekap
  • 1 teelepel basiliekruid pesto
  • 1 teelepel heel korrelmosterd
  • hoenderspesery na smaak
  • sout en swartpeper na smaak
  • naeltjies
  • 250 ml room
  • 2 eetlepel koekmeel
  • Degie:
  • 1 koppie koekmeel
  • 2 teelepel bakpoeier
  • 125 ml botter of margarien
  • ¾ koppie melk
  • 1 eier
  • 2 ml sout

Vryf botter in die meel in dat dit lyk soos broodkrummels.
Klits eier en melk saam en meng dit in die meelmengsel in vir ‘n slap deeg.
Skep bo-oor die gaar hoendervulsel in ‘n oondvaste bak.

Kook ‘n heel hoender sag met kruie/speserye en sout, laat afkoel en ontbeen.
Braai uie en knoffel, tot net begin bruin word en voeg gekapte sampioene by.
Voeg die hoendervleis by en roer lekker deur.
Sit basiliekruid pesto, mosterd, peper, naeltjies en wat ook al lekker is by en kook deur.
Toets vir sout en vul aan indien nodig.
Hier moet jy proe en dit moet sommer yummies wees anders toor hom bietjie.
Maak die meel aan met die room en roer deur die vleismengsel, maak seker dit is lekker souserig en nie te droog nie.
Laat net deur kook vir die meel om gaar te word.
Skep in groot oondbak en skep die “lui huisvrou” degie oor.
Bak tot mooi bruin by 180 ºC ongeveer 40 – 60 minute.

Nota:
As jy die vleis wil, rek kan jy ertjies of gemengde groente by die vleis insit.
Ek het ‘n hand vol cranberries ingesit en dit baie geniet.

Resep en foto: Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5