Your Recipe Blog

LAE KOOLHIDRAAT OORGOOIKORS VIR PASTEIE

Recipe by
Cook: 35 - 40 minute

LAE KOOLHIDRAAT OORGOOIKORS VIR PASTEIE

“Pastei is winterskos, trooskos en huiskos. So hoekom moet die koolhidraat bewustes en diabete uitmis…? Hierdie is ‘n oorgooikors wat werk vir enige vulsel – ek het dit oor ‘n lamsvleisvulsel gegooi vir ‘n vinnige aandete vanaand.”

  • ½ koppie klappermeel
  • ¼ koppie amandelmeel of sonneblommeel
  • ½ koppie gerasperde cheddarkaas
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 1 teelepel droë pietersielie
  • ½ teelepel sout
  • 3 eiers
  • 6 eetlepels olie of gesmelte botter (ek het avokado-olie gebruik)
  • water om die mengsel net loperig te maak
  • 2 eetlepels Parmesaankaas, om oor te strooi

Meng al die bestanddele goed saam behalwe die Parmesaankaas.
Laat staan die mengsel vir vyf minute, en indien dit te dik is, voeg net genoeg water by om dit effens loperig te maak.
Versprei die mengsel bo-oor die pasteivulsel, en sprinkel die Parmesaankaas bo-oor.
Bak vir 35 – 40 minute by 160 °C tot goudbruin.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page