KOESKOES SLAAI MET GEKRUIDE BOTTERSKORSIE EN GRONDBONE
Koeskoes is so ‘n veerligte, veelsydige en heerlike graan wat ons almal gerus meer kan gebruik. Ek het vir dié slaai Ras-el-Hanout gebruik om my botterskorsie te geur en dit was hemels.
- Koekoes:
- 250 ml koeskoes, rou
- 250 ml kookwarm groente aftreksel
- Slaai:
- 250 ml gaar botterskorsie, in klein blokkies gesny (die botterskorsie moet nog ferm wees)
- olyfolie na smaak
- 10 ml ras-el-hanout speserymengsel (https://yourrecipeblog.com/recipes/ras-el-hanout/)
- 10 ml heuning
- 125 ml feta kaas, in klein blokkies gesny
- 60 ml rou grondbone (jy kan amandels of okkerneute gebruik indien verkies)
- sout na smaak
- Slaaisous:
- sap van 1 lemoen
- 10 ml fyn lemoenskil
- 15 ml sesam olie (gebruik olyfolie indien jy nie sesam olie het nie)
- sout na smaak
Koeskoes:
Plaas die koeskoes in ‘n glasbak en giet die kokende aftreksel daaroor.
Bedek met kleefplastiek of deksel en plaas eenkant om gaar te stoom.
Na 15 minute kan jy die koeskoes liggies met ‘n vurk krap en deurwerk om die korreltjies te skei.
Hou eenkant tot benodig.
Slaai:
Verhit die olyfolie oor matige hitte in ‘n pan tot warm en voeg dan die botterskorsie blokkies by.
Sprinkel die Ras-el-Hanout oor die botterskorsie en roer deur.
Laat dit vir 5 minute braai en voeg dan die heuning en sout by.
Verwyder van hitte en laat afkoel.
Verbruin die grondbone of neute van jou keuse oor matige hitte in ‘n droë pannetjie en laat afkoel.
Roer die botterskorsie (insluitend die pansouse), feta en neute deur die koeskoes. Wees versigtig om nie die botterskorsie pap te druk in die proses nie.
Slaaisous:
Meng al die bestanddele goed saam en giet oor die slaai.
Meng liggies deur met ‘n vurk en verkoel ten minste 1 uur voor opdiening.
Notas:
Jy kan roketblare of vars koljander blare by die slaai meng – opsioneel.
Jy kan ook gaar beet gebruik in plaas van die botterskorsie.
Resep en foto: Karen Homan