RAS-EL-HANOUT
“Ras-el-Hanout” is ‘n Marokkaanse speserymengsel wat tot 40 verskillende speserye kan bevat. Die naam beteken “Hoof van die Winkel” in Arabies en die rede hiervoor is dat dit deur die eienaar van die spesery winkel of stalletjie gemeng word, na gelang van sy spesifieke voorkeure of tradisionele “familie resep”. Dit is ‘n wonderlike vermenging van speserye wat jy in verskeie disse kan probeer, van vis tot soetgebak en alles tussenin!
- 10 ml fyn neutmuskaat
- 10 ml fyn koljander
- 10 ml fyn komyn
- 10 ml fyn gemmer
- 10 ml borrie
- 10 ml kosher sout
- 10 ml fyn kaneel
- 5 ml strooisuiker
- 5 ml paprika
- 5 ml swart peper poeier, nie grofgemaal nie
- 5 ml rooipeper
- 5 ml kardamom poeier (laat weg as jy nie het nie)
- 5 ml wonderpeper (laat weg as jy nie het nie, die neutmuskaat is genoeg om die smaak te gee)
- 5 ml fyngemaalde naeltjies
Meng alles goed saam en bêre in lugdigte houer.
Resep en foto: Karen Homan