Your Recipe Blog

KAASPASTEITJIES

Recipe by
Cook: 30 minute | Servings: 4

KAASPASTEITJIES

“Vanaand se pastei was geïnspireer deur die plasing vandag van Oom Gideon Louw se vleispastei op die kole. https://yourrecipeblog.com/recipes/gideon-se-oorskiet-vleis-swartpot-pastei-op-die-kole/
So het ons stukkies oorskiet vark, steak en burger patties saam met wortel, seldery, ui en natuurlik pasta skroewe bymekaar gegooi en in skilferkorsdeeg (in die oond) gemaak. Ek het ook bietjie tiemie, roosmaryn en bruinuie speserye  bygevoeg. Dit is hoekom ek MAL is oor hierdie groep. Altyd inspirasie vir iets! Nou saam met dié outjie het ek kaaspasteie ook gemaak.”

  • 1 rol winkel skilferkorsdeeg (500 g)
  • 100 g Cheddarkaas
  • 200 g kapokaartappels (sonder botter of melk)
  • 1 eier, geklits met bietjie melk vir oor verf
  • sout en peper, na smaak

Kook aartappels tot sag en druk fyn. Voeg kaas by – verkieslik terwyl kapokaartaatappels nog bietjie hitte het. Pas smaak met sout en pepper aan. Voeg eier by en meng goed deur.
Rol deeg effens uit tot omtrent 35 – 40 cm. Grootte hang af van hoe groot en hoe baie gemaak word. Ek het vier uitgekry van 12 cm elk.
Plaas die aartappel en kaasmengsel op die deeg, vou deeg toe en seël met vurk.
Borsel eiermengsel oor die pasteie en maak snytjies vir die stoom om te ontsnap.
Bak omtrent 30 minute tot mooi gepof en bruin teen 180 ºC.

Nota:
Proe bitter naby aan ‘n regte professionele pasteie. Bedien met skyfies. Ons gebruik sommer die ‘skinny fries’ in die winkel gekoop.

Resep en foto: Stephanie Kohrs Ferreira

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page