GIDEON SE OORSKIET VLEIS SWARTPOT PASTEI OP DIE KOLE
- Vulsel:
- oorskiet ribbetjie se vleis, in stukkies gesny
- oorskiet van ‘n hoendernoedelpot
- oorskiet van ‘n lamsnek tjop kasserol
- 1 pakkie sampioen soppoeier met 1 koppie water gemeng
- ‘n knippie gemaalde swartpeper
- 3 eetlepels soet rissiesous
Meng alles saam en hou eenkant.
- Vir die kors:
- 4 koppies koekmeel
- 4 teelepels bakpoeier
- 4 teelepels suiker
- 4 ml sout
- 250 ml melk
- 250 ml olyfolie
- 250 ml gerasperde kaas
Sif die droë bestanddele saam en meng die kaas by.
Voeg die vloeistowwe by en meng tot ‘n bindende deeg.
Rol die deeg uit tot omtrent 5 mm dik in ‘n sirkel vorm om die swartpot se bodem en sye te kan bedek.
Rol die deeg op ‘n koekroller en plaas dit in die pot se middel en teen die rante.
Druk die deeg mooi plat reg in die rondte in die pot.
Skep die vleis mengsel in die middel en druk mooi plat.
Sny die oortollige deeg af en vorm ‘n deksel van deeg wat bo op die mengsel geplaas word.
Druk die rante mooi styf vas reg in die rondte met n vurk en smeer ‘n bietjie melk op die deeg deksel.
Maak twee snye in die deegdeksel en bak op die kole met stadige kole onder en skerp kole bo op die deksel vir omtrent 40 tot 50 min.
Nota:
Mens kan ook heerlike roosterkoeke maak van die deeg.
Maak koeke van die deeg en braai stadig op die kole tot mooi bruin.
Jy kan die resep halveer as jy minder wil maak, die hoeveelhede was vir die pastei en die roosterkoeke.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw