KAAS MUFFINS
Ek het hierdie resep verdubbel vir 12 muffins en net voor dit oond toe is paprika oor gesprinkel.
As jy papierkoppies gebruik, los die muffins vir so 10 minute om effens af te koel sodat dit mooi skoon uitkom.
- 140 g koekmeel (1 koppie)
- 120 g gerasperde kaas (½ koppie)
- 7 ml bakpoeier
- 1 ml sout
- 1 eier
- 100 ml melk
- gekapte pietersielie
- 125 ml B-well mayonnaise
Voorverhit oond tot 180°C.
Meng al die bestanddele saam, maar moenie oormeng nie. (Baie belangrik)
Vul muffin panne en bak tot gaar en mooi ligbruin, ongeveer 15 minute, maar toets.
Resep geplaas en foto’s: Hannie Steyn














