Your Recipe Blog

IERSE SOUSKLUITJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 - 35 minute

IERSE SOUSKLUITJIES

  • 1 koppie koekmeel
  • ⅓ koppie skaapvet, in klein blokkies gesny
  • ¼ koppie koue water
  • 2 teelepel vars pietersielie, opsioneel

Vryf die skaapvet blokkies in die meel, verkieslik met die vingers.
Die blokkies gaan nie soos botter heeltemal inkorporeer nie!
Die eindproduk het wonderlike klein stukkies vetjies in!
Werk water bietjies op ‘n slag by die deeg asook die pietersielie.
Dit vorm ‘n redelike vetterige deeg.
Skep lepelsvol op die bredie of bo-op die sop.
Kook vir ongeveer 30 – 35 minute met die deksel op soos wat jy gewone sooukluitjies sal kook.
Daar is geen sout in die beslag nie.
Die degies trek die geur van die sop of bredie waarop dit geplaas is.

Resep: Lee-Ann Heese

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page