Your Recipe Blog

IDEES MET SUURLEMOENSKIL

IDEES MET SUURLEMOENSKIL

Albie Meyer:
🍋 Ek het suurlemoene van my boom af uitgedruk vir sap. Voordat ek die skille weggooi, is daar iets gesond en of prakties wat ek daarmee kan doen? 🍋 Baie baie dankie aan elkeen van julle se fantastiese idees, julle is wonderlik! 🍋💛🍋

Sarie Schutte:
Ek rasper die skille en strooi oor my kos.
Mariana Boshoff:
Ek verwyder net die skyfies uit lemoen of suurlemoen skille. Sit dit in n 2 of 5 liter bottel en gooi asyn in tot al die skille bedek is. Laat staan ‘n paar dae. Giet deur n sif as jy ‘n spuitbottel gebruik.
Daleen van Zyl:
Ek vries die doppe en sit so 8 halwes in my bad water. Jou hare blink en dit is goed vir jou vel. Jou bad is ook pragtig skoon.
Heidi Keyser:
Ek het suurlemoenskil rolletjies gemaak (lemoenskil rolletjie resep gebruik). Jy kan skil droog en gebruik om suurlemoenpeper of lemon herb mengsel te maak.
Talita Bos:
Verwyder die wit aan die binnekant van die skil sover moontlik. Sny die skille fyner en plaas in ‘n bottel wit asyn. Bêre in ‘n donker plek vir 2 weke. Gebruik dan ½ van hierdie konsentraat en ½ skoon wit asyn om vloere, badkamers, krane, glas deure etc mooi skoon te kry. Jy kan ook ¼ koppie van dit ipv staysoft gebruik, dan is jou klere sag en jou wasmasjien skoon en dis baie goedkoper. Dit werk ook ipv rinse aid in ‘n skottelgoed masjien.
Leora Nair:
Great for cleaning your kettle or coffee machine, just add the lemon skins and boil.
Dry the peels and put into bowls in your bathroom or lounge to make the air smell great.
It’s great for cleaning – ovens, tubs, cutting boards etc – sprinkle with baking soda and use the skins to rub in.
For cooking ideas: scrape off all the pith, cut the skin into strips, dry and use in your tea.
Add dried skins to your pepper grinder and create lemon pepper.

Liza Visser:
Rasper zest en vries vir sop, muffins, slaai en allerhande geregte.
Adele Du Toit:
Onthou om kwart teelepel sout/koppie sap by te gooi voor jy dit vries.. dan word sap nie bitter.
Sunette Vogel Schonken:
Sit in toiletbak. Vars reuk en hou toilet skoon
Michelle Wolmarans:
I made marmalade by thinly slicing the skins.
I took the 1st recipe on blog and just used lemon skins… Judged the quanties 😜
Hans Greyling:
I cut it up into small pieces and dry it out. Do the same with oranges, grapefruit and excess herbs. I mix this all up and when I braai I throw some on the coals to create some smoke while my meat is on the braai. Creates a lovely aroma in my braai room.
Suzanne Frank:
Ek voeg dit by my sitrus wanneer ek marmelade kook – die skille is mos maar die lekkerste deel van marmelade. 😋
Mari-Louise Van Heerden:
Droog dit uit, sit dit in ‘n “blender” meng met knoffel en of swart peper.

Frikkie Jones:
Vries die skille en sit elke keer in jou warm afspoelwater as jy skottelgoed was vir skitterblink skottelgoed.
Rhonda West:
Sit die skille in asyn. Laat staan vir 2 weke.
Dit werk vir goggas veral miere, en ook vir honde wat hulle been lig. Spuit net waar hulle merk.
Kathlene Eichorn:
Sny meeste wit van skille af en kook in suiker stroop tot sag. Pak op ‘n draad rakkie en droog uit. Strooi suiker oor wanneer amper droog is. Heerlike snack propvol vitamin C.
Simone Kampherbeek:
Suurlemoen koek😍 of net so in jou water met mint blare.
Wendy Strydom:
Iemand het vertel hoe sy suurlemoenskille fyn sny en droog. Dit meng met roosmaryn en growwe sout en maak ‘n spesery? Weet iemand dalk hoe?
Leora Nair:
Wendy Strydom You clean the skin of all excess white to avoid bitterness, cut the skins into thin strips and dry – outside will do but I use my microwave for all herb drying – add your dried rosemary + rough salt in the proportions that you like the flavour and put it into a grinder. I would use ⅓ of each but if you prefer less salt then ¼ salt and equal amounts of the other 2.
Heidi Rose:
Rasper die suurlemoen skil en meng dit met fyn gesnyde vars pietersielie. En vries dit. Word genoem Gremolata. Baie geurig in kos as jy dit op die laaste nippertjie ingooi. Suurlemoen skil baie gesond.

Ilze Jacobs:
https://yourrecipeblog.com/recipes/ouma-se-suurlemoenstroop/

Foto:  Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page