OUMA SE SUURLEMOENSTROOP
“Ek het my weergawe van Limoncello (‘n suurlemoenlikeur) vroeër die week gemaak, wat net die suurlemoene en pomelos se skille gebruik en toe sit ek gevolglik met 3 kaal pomelos en 7 kaal suurlemoene. Toe besluit ek om vir die eerste keer ooit my Ouma se suurlemoenstroop te maak. Ek kon nie glo hoe maklik dit was nie – en so lekker. Het baaaie goeie herinneringe teruggebring. En my seuns love dit!”
- 3 pomelos
- 7 suurlemoene
- 200 ml suiker vir elke 250 ml sap
- yskoue water of sodawater, vir aanmaak
Verhit suiker en suurlemoensap in ‘n pot totdat stroop net begin borrel. Koel af en gooi in glasbottels. Maak aan met yskoue water of sodawater.
Indien jy die stroop helder wil hê, moet jy dit deur ‘n doek (muslin) syg.
Dit kan vir ongeveer ses maande op die rak bly.
Resep en foto: Ilze Jacobs