Your Recipe Blog

HOENDERPASTEI MET SLAPDEEG

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 - 40 minute

HOENDERPASTEI MET SLAPDEEG

  • 2 medium heel hoenders (± 1.2 kg elk)
  • sout en peper na smaak
  • fyn naeltjies
  • speserye van jou keuse volgens smaak
  • gemengde groente soos verkies (Ek het 2 fyn gekerfde medium uie, so handvol vars groen bone fyn gekerf en klein pakkie mieliekoppe in fyn ringe gesny(die koppies wat mens in potjiekos of stirfry gooi), bygevoeg.) Wortelblokkies en seldery werk ook lekker.
  • 1 pakkie hoendernoedelsop
  • 1 pakkie roomhoendersop

Kook hoenders, sout, peper en speserye tot sag. Pasop vir teveel sout, die soppoeier is ook sout
Ontbeen die hoenders en sny mooi fyn,  behou die sous.

Voeg die gesnyde hoender by die sous maar net so dat die sous die vleis bedek, asook bietjie groente  soos verkies.
Kook alles saam tot groente gaar is en voeg soppoeiers (in bietjie kouewater aangemaak) by en kook deur tot sous bind en verdik.

Voorverhit die oond tot 180°C.  Spuit ‘n groot oondvaste glasbak met spray en cook en skep die vulsel daarin.
Maak die slapdeeg aan en skep bo-op die vulsel.

  • Pasteideeg
  • 125 ml melk
  • 1 eier
  • 125 ml olie
  • knippie sout
  • 250 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier

Klits die melk, eier en olie saam. Sif die koekmeel, sout en bakpoeier saam en voeg by die nat bestanddele om ‘n slap deeg te vorm. Voeg klein bietjie melk by indien te styf.
Giet die beslag oor die vleisvulsel en bak vir 30 na 40 minute tot gaar en goudbruin.

Nota:
Die deeg bak sag soos koek met’ n krakerige korsie bo. Laat die pastei so paar minute afkoel voor jy opskep, dan breek die deeg nie. Die deeg is vinnig en sal ook lekker vir wildspastei of maalvleis werk.

Ek het die deeg resep dubbeld aangemaak vir die glasbak met vulsel maar dit rys ook dubbeld in volume. Toe nog een keer se beslag wat vir my 10 diep blink bakkies pasteie uitgekry het wat ek vries.

Resep en Foto’s: Christelle van Rooyen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page