Your Recipe Blog

HOE OM ‘N KORS BLIND TE BAK

Cook: 15 minute

HOE OM ‘N KORS BLIND TE BAK

Ek wil net dankie sê vir almal wat my advies gegee het met blind bak.
Ek het die deeg in die tertborde gedruk, uitgevoer met foelie en toe boontjies in gegooi, gelyk met die deeg se bokant.
Bakpapier werk net so goed, keuse is joune, dit is net om te verhoed dat die gewiggies wat jy gebruik nie in die deeg in bak nie.

Na 15 minute die boontjies en foelie verwyder en gesien die deeg was nog rou en vinnig die boontjies weer terug gesit en nog so ± 7 tot 10 minute verder gebak.
Die deeg het nie gekrimp nie!!!!!
Die boontjies en foelie gaan ek weer gebruik.  Bêre in ‘n lugdigte houer wat gemerk is, sodat jy weet dit is die boontjies vir “blind bak”
Mens kan ook ertjies, rys of keramiek balletjies gebruik.

Hierdie resep werk baie goed.

  • 100 g suiker
  • 200 g botter
  • 300 g koekmeel
  • 1 eier
  • knippie sout
  • 5 ml vanilla geursel

Verroom die botter en suiker. Voeg die sout, vanilla en eier by en klits op lae spoed.
Voeg die meel by en meng versigtig met die hande tot gemeng. Moenie oormeng nie.
Bedek en verkoel ten minste 1 uur. (hou die deeg so koud as moontlik solank jy werk)
Maak balletjies en werk jou pannetjies daarmee uit.
Bak blind vir so ongeveer 15 min by 180⁰C.

Fotos: Hannie Steyn

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page