Your Recipe Blog

HELEEN SE HOENDERPASTEI

Recipe by
Cook: 40 minute

HELEEN SE HOENDERPASTEI

  • 4 groot ontbeende hoenderborsies
  • 1 fyngekapte ui
  • 1 pak sampioene
  • 10 ml knoffelvlokkies
  • ½ fyngekapte groen soetrissie
  • 1 pakkie sampioensop
  • ½ pakkie hoendersop
  • 250 ml room + 125 ml melk
  • sout en gemaalde swartpeper, na smaak
  • kookolie
  • sodawater pasteideeg* of gekoopte skilferkorsdeeg

Braai eers die ui, soetrissie en sampioene tot sag in olie. Skep uit en hou eenkant.
Plaas knoffelvlokkies by en gesnipperde hoender in dieselfde pan en braai tot dit verbruin.
Skep die uie, sampioene en soetrissie terug in pan. Geur met sout en gemaalde swartpeper na smaak. (Ek het Aromat en Calisto’s se Greek spice gebruik)

Meng room en melk met soppoeier. Voeg by gebraaide bestanddele en prut tot hoender lekker sag gaar is.
Vlok die hoender effens uit mekaar met 2 vurke en roer mooi deur. Laat mengsel afkoel.
Rol deeg uit en deel in twee.
Bedek bodem van oondvaste bak met een helfte van uitgerolde deeg. Skep hoendermengsel op die deeg in die bak. Bedek hoendermengsel met ander helfte van die deeg en druk vas met ‘n vurk langs die kante. Ek druk so 5 gaatjies in die deeg vir stoom om te ontsnap.

Bak op 180°C vir so 40 minute of tot mooi bruin.

*Sodawater pasteideeg:
http://yourrecipeblog.com/recipes/maalvleis-pasteitjies/

Resep en foto: Heleen Brümmer Nel

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published.

*

1 2 3 4 5