MAALVLEIS PASTEITJIES
- Sodawater pasteideeg:
- 3 koppies koekmeel
- 1 teelepel kremetart
- 2 knippies sout
- 250 g koue botter of margarien
- 90 ml sodawater
- 10 ml suurlemoensap
Sif die meel, kremetart en sout in ‘n groot mengbak.
Rasper die koue botter in die meel, en sny dit in met ‘n mes.
Voeg die sodawater en suurlemoensap by en meng verder met jou mes om ‘n deeg te vorm.
Druk die mengsel effens tot ‘n bruikbare deeg en maak met plastiek toe.
Laat staan die deeg vir ten minste 30 minute in die yskas om te rus.
Rol die deeg uit op ‘n meelbedekte oppervlakte.
Sny reghoeke (so 12 x 15 cm) uit, sit jou vulsels in en vou toe, die vou moet aan onderkant in pan geplaas word of plaas die pasteibak onderstebo op die deeg en sny die grootte wat jy benodig vir die pastei se bokant.
Bak teen 180°C vir so 30 tot 40 minute.
Die deeg vries goed, indien jy nie dadelik die deeg wil gebruik nie.
Wenk:
Die sodawaterpasteideeg kan gevries word vir tot drie maand
- Maalvleisvulsel
- 500 g maalvleis
- 1 ui, geskil en in blokkies gesny
- 2 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
- gemengde groente, opsioneel
- 1 teelepel naeltjies
- 1 teelepel koljander
- 5 ml Worcestershire sout
- 15 ml Worcestershire sous
- peper na smaak
- soppoeier of Bisto om maalvleis te bind en droog te maak
Meng goed deur en prut tot dit verdik.
Haal van die plaat af en laat heeltemal afkoel voor gebruik in pasteitjies.
Volg die metode soos bo.
Foto en resep – Heleen Brümmer Nel