Your Recipe Blog

HAMBURGER PATTIES

Recipe by
Cook: 10 - 15 minutes | Servings: 8 Patties

HAMBURGER PATTIES

  • 1 kg maalvleis
  • 1 groot ui, fyn gesny
  • 2 knoffel huisies, fyn gedruk
  • 1 eetlepel “steak and chops” speserye
  • 1 eetlepel gemengde kruie
  • 1 eetlepel pietersiellie
  • 2 snye brood, in melk gedoop en weer uit gedruk
  • 2 eiers, goed geklits
  • 2 eetlepels tamatiesous
  • 2 eetlepels blatjang
  • sout en peper na smaak
  • olie vir braai

Meng die maalvleis, uie en speserye deeglik. Voeg die brood en die eiers by en meng goed deur. Vorm ronde balle in jou hande en druk dit dan effe plat. Bak in olie tot gaar.

Nota:
Die patties kan ook op die kole gebraai word of in die oond gebak word teen 200ºC vir so 15 tot 20 minute. Vir die broodrolletjies het ek Frans se wenner brood/rolletjies se resep gebruik.

https://yourrecipeblog.com/recipes/frans-se-wenner-brood-rolletjies/

Foto en resep:  Letitia Henstock

Nota:  Rina Kleinhans
Om te verseker dat die patties nie breek nie, plaas in die yskas vir 30 min nadat dit gevorm is.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page