Your Recipe Blog

GOEDKOPER DEEG VIR VIS

GOEDKOPER DEEG VIR VIS

Naand almal. Net ‘n idee en as dit al voorheen opgesit was, ek het dit nou getoets. Die is nie my eerste keuse van vis in ‘n deeg maak nie. Daai droog, nat, droog metode bly by my no 1. Maar as mens nie anders kan en jy nie eiers of melk in die huis het nie kan jy die gerus probeer. Dit is ook goedkoper om op die manier vis in ‘n deeg te maak.

  • 2 koppies koekmeel
  • 2 koppies koue water
  • vis speserye en pietersielie, na smaak
  • ¼ proppie Egg Yellow geursel

Gooi die koekmeel in ‘n glasbak, sif dit eers.
Gooi die water by die koekmeel en klits goed om soveel as moontlik klonte uit te klits.
Dan gooi ek vis speserye en pietersielie by.
Meng alles weer goed.
Meng die “egg yellow” by die koekmeel en water mengsel en kliks goed.
Dan gebruik jy dit vir jou deeg om vis te bak. Ek doen deep fry.

Nota:
Let wel ek het agtergekom dat as die olie te warm is, dan is die deeg geneig om vas te brand onder in die pan.
En vir die wat soos ek lief is vir daai koue vis môre oggend. As ek ‘n stuk vis kry soos op die laaste foto met daai mooi steaks, is dit yskas toe en môre pak jy daai steaks op jou brood.

Resep en foto: Koos van der Merwe

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page