Your Recipe Blog

GIDEON SE PIZZADEEG

GIDEON SE PIZZADEEG

Hierdie deeg bly maar ‘n wenner ons maak pizza met dit, ons bak brood daarmee en ons bak vetkoek daarmee.
Vandag was dit weer ingespan vir pizza en was djeeeerlik saam met die filling van jou keuse
Ons het jimmys gebruik vir ‘n smeer op die basis sjoeee was baaie lekkrrrrr

  • 2 koppies koekmeel
  • 200 ml louwarm water
  • 1 eetlepel suiker
  • 1 eetlepel sonneblom olie
  • 5 g gis
  • ½ teelepel sout

Sif die droë bestanddele en meng die olie en die water, voeg alles in ‘n mengbak en meng tot ‘n elastiese deeg. Knie goed en laat rys tot dubbel die volume.
Deel die deeg in drie ewe groot dele en rol uit. Sny ‘n sirkel so groot soos ‘n bord en plaas een in ‘n plat oondpan wat gespuit is.
Smeer die basis met knoffel (crushed garlic), strooi dan die hele basis met gerasperde Chedder kaas, plaas in ‘n voorverhitte oond op 180°C en bak vir ±10 min.
Voeg dan oor die hele basis gerasperde parmasaan kaas en grill net vir 2 min.
Garneer met grasuie en maal ook ‘n bietjie swart peper oor.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page