GEMENGDE SAAD BROOD MET GARNAAL BOTTER
- Gemengde Saad Brood:
- 1 kg koekmeel
- 1 pakkie droë kits gis
- 25 ml canola olie
- 5 ml sout
- 5 ml suiker
- lou warm water
- 200 ml gemengde sade (ek het lynsaad, sonneblom saad, sesame saad en pampoen pitte gebruik)
Sif al jou droë bestanddele in ‘n mengbak, jy kan ‘n elektriese menger gebruik. Skakel masjien aan en voeg louwarm water stadig by. Wag tot deeg bymekaar kom en voeg die olie by. Hou aan met meng tot bol gevorm het. Haal uit bak en bedek met rek plastiek en laat rys. As dit 3 maal in grootte gerys het, druk plat en rol in lang ronde rolle en plaas op bakplaat wat met olie gesmeer is.
Jy kan ook van die gemengde sade bo-op die brood strooi.
Laat weer rys tot omtrent 3 keer die groote.
Bak in ‘n vooraf verhitte oond teen 180°C vir 45 min of tot gaar. Haal uit en smeer botter oor die korsie.
Laat afkoel en sit voor.
- Tuisgemaakte Garnaal Botter:
- 500 ml vars room
- sout en peper na smaak
Gebruik ‘n elektriese mengbak en die gedeelte waarmee jy deeg sou meng. Gooi ‘n vadoek oor die bak indien dit nie ‘n plastiek deksel het nie, dit kan nogal morsig wees.
Sit die masjien aan op hoog, eers sal die room styf word, dan sal dit korreltjierig raak en lyk of dit skif, daarna sal dit lyk of daar niks gebeur nie, maar moenie bekommerd raak nie. Die “karringmelk” begin dan van die botter skei. Jy kan van die “karringmelk afgooi, maar dit is nie nodig nie, hou aan tot die botter alles aan die “menghak” vassit.
Gooi die karringmelk af maar moenie weggooi nie. Geur nou die botter met sout en peper na smaak en werk lekker deur.
- Garnaal Botter:
- die doppe en koppe van die garnale wat jy skoon gemaak het
- 1 knoffelhuisie
- ½ gekapte ui
- 1 teelepel tamatiepasta
- 1 teelepel vars gerasperde gemmer
- 1 eetlepel botter (gebruik sommer van die wat jy nou net gemaak het)
- die karringmelk wat van die botter oorgebly het
Smelt botter in pan, braai knoffel, gemmer en ui liggies, sit doppe en koppe by en braai nog so 3 min.
Meng die tamatiepasta by en die “karringmelk”. Laat liggies prut tot effens dik geword het.
Gooi deur ‘n sif, druk al die sous goed uit.
Verkoel en meng met ‘n elektriese klitser in botter in.
Rol die botter in kleef plastiek en bere in yskas tot wanneer nodig.
Kan vir 3 weke verkoel word.
Sny van die vars brood en bedien saam met die Avokado Mousse, Garnale en gerookte Rissie Mayonnaise
https://yourrecipeblog.com/recipes/avokado-mousse-met-garnale-en-gerookte-rissie-mayonnaise/
Resep en foto: Josia Conradie