Your Recipe Blog

AVOKADO MOUSSE MET GARNALE EN GEROOKTE RISSIE MAYONNAISE

AVOKADO MOUSSE MET GARNALE EN GEROOKTE RISSIE MAYONNAISE

  • Avokado Mousse:
  • 2 groot ryp avokado’s
  • 1 lemmetjie, fyn gerasperde skil en sap
  • 230 g lae-vet roomkaas (ek hou van die met die chives in)
  • 1 knippie sout en peper
  • 6 kruisement blare
  • 100 ml melk
  • 2 teelepels gelatien poeier
  • 2 eierwitte, opsioneel (ek het die geel gebruik vir die mayonnaise)

Halveer die avokado’s en verwyder die pitte. Skep die vleis in ‘n voedselverwerker, voeg die suurlemoenskil, sap, kruisement blare en roomkaas by en meng tot baie glad.
Plaas 2 eetlepels van die water in ‘n klein hittebestande bak en sprinkel die gelatien oor die water.
Laat dit vir 1 minuut staan om te spons, plaas dan die bakkie in ‘n pan met warm water en roer die gelatien totdat dit opgelos is.

Gooi die gelatine ook in die voedselverwerker en meng deeglik in.
Klits die eierwit in ‘n bak tot sagte punte. Dit sal die mousse ‘n ligte tekstuur gee.
Voeg die advokado mengsel in en VOU versigtig in, wees versigtig om nie die lug uit te klop nie.

Skep in ramekins, bedek met kleefplastiek en verkoel vir 2 uur, of tot gestol.

  • Garnale:
  • 5 heel Queen garnale per porsie, gevlek en skoon gemaak (hou doppe vir botter)
  • 1 knoffelhuis, fyn gekap
  • 1 teelepel vars gemmer, gerasper en sap uitgedruk
  • 1 vars rooi rissies, ontpit en fyngekap
  • 1 eetlepel botter
  • 1 eetlepel olyfolie
  • sout en peper na smaak

Smelt botter en olyfolie oor matige hitte en braai knoffel, gemmer sap en rissies liggies vir een minuut, plaas dan jou garnale in die botter en wag tot dit verkleur voor jy dit omdraai.
Wees versigtig om nie oorgaar te maak nie. Geur met sout en peper.
Haal af en laat afkoel.

  • Gerookte rissie Mayonnaise:
  • 2 eiergele
  • 2 eetlepels wit druiweasyn
  • knippie sout en peper
  • 250 ml Canola olie
  • 2 g paprika
  • 2 g gerookte rissies (as jy nie gerookte rissies het nie, kan jy rissiepaste gebruik of  Tabasco sous)

Sit eiergele en wit druiweasyn saam in ‘n versapper, skakel aan op hoog en laat goed meng, voeg eers ‘n paar druppels olie by en laat emulsifier. Gooi die res van die olie stadig by terwyl die menger loop tot dit verlangde dikte bereik.
Voeg nou sout en peper by na smaak en die res van die bestanddele. Meng goed, proe en as nodig, voeg nog by.
Dit hang af van hoe sterk jy dit wil hê. Hou eenkant.

Opdien:
Haal advokado mousse uit die ramekins, plaas op bord en pak garnale bo-op. Sit van die gerookte rissie mayonnaise op die garnale. Bedien saam met die Gemengde Saad Brood met Garnaal Botter.
https://yourrecipeblog.com/recipes/gemengde-saad-brood-met-garnaal-botter/

Resepte en foto: Josia Conradie‎

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page