Your Recipe Blog

GEMENGDE BESSIE RANDKOEK

GEMENGDE BESSIE RANDKOEK

Ek het gister vinnig hierdie randkoek (flan) gebak en agterna gedink, ek wil bloubessies dalk gebruik. As ek dit voor die tyd geweet het sou ek die deeg gekleur het sodat mens ‘n pienk of rooierige basis het. Maar dit het nog baie lekker gekom. Ek het die vulsel gemaak met gemengde bessies en bo-op is vars aarbeie en vars bloubessies.
Die randkoek resep is onder hierdie skakel
https://yourrecipeblog.com/recipes/wenner-flan-randkoek/

  • Vulsel:
  • 250 g vol vet roomkaas (blok verkieslik) kamertemperatuur
  • 1 blik kondensmelk
  • 80 ml suurlemoensap
  • 2 teelepels gelatien
  • 60 ml water
  • 1 koppie gevriesde gemengde bessies, fyn gedruk met ‘n vurk
  • Opsioneel:
  • vars aarbeie en bloubessies

Maak seker die randkoek is heeltemal koud en gereed vir gebruik.
Maak die gelatien aan met die water en laat spons.
Plaas die roomkaas in die menger se bak en meng goed tot sag en glad.
Voeg die kondenmelk by en meng deur tot glad.
Sit die gelatine vir ‘n paar sekondes in die mikrogolf en roer tot glad, moenie kook nie.
Meng die gelatien by die roomkaasmengsel in terwyl die menger loop.
Voeg die geursel en suurlemoensap by en meng deur.
Haal die mengbak uit die menger en meng die fyn bessies by met die hand.
Skep die mengsel in die randkoek en maak gelyk. Versier met halwe aarbeie en bloubessies.
Plaas in die yskas om goed te stol.

Resep en foto: Rina Kleinhans

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page