WENNER FLAN-RANDKOEK
Hierdie is ‘n wenner resep, maak met seker jy het ‘n lekker groot 23 cm flan pan.
- 4 eiers
- 1 koppie koekmeel
- 2 ½ teelepels bakpoeier
- ½ koppie warm water
- 3 eetlepels botter, gesmelt
- 1 koppie suiker
- 1 teelepel vanilla geursel
Klits eiers en suiker tot romerig. Sif tesame meel en bakpoeier en skep bo-op die eiers en suikermengsel.
Meng die botter, warm water en vanilla en giet bo-op meelmengsel.
Roer goed deur. Skep in gesmeerde flan pan (ongeveer 23 cm).
Bak by 180 ºC vir 15 minute. Toets vir gaarheid. Haal uit die oond en keer om op ‘n afkoelrakkie.
Sit ‘n nat vadoek op die pan en laat lê die pan so rukkie tot die koek maklik uitval.
Laat die koek heel afkoel, sit die flan oor op ‘n opdienbord en sit vulsel van jou keuse in.
Nota:
Hierdie randkoek kan gevul word met verskillende vulsels, die oumense was baie lief vir flans bak, en dit is regtig ‘n treffer.
Dit was my oorlede mammie se resep!!!
Resep: Esther Mocke Mouton
Foto: Jo-Ann Koordom – ek vul die flans met piesangs, karamel en vars room.
Jo-Ann se resep vir sponskoek:
- 3 eiers
- 250 ml strooisuiker
- 200 ml melk
- 200 g botter/ margarien
- 5 ml geursel
- 15 ml bakpoeier
- 375 ml koekmeel
Klits eiergele en suiker tot lig en romerig.
Verhit melk, botter en geursel in ‘n kastrol en hou eenkant.
Vou eiermengsel by meel in. Giet melkmengsel geleidelik by en meng goed.
Klop eierwitte styf en vou saam met bakpoeier by mengsel in.
Skep in gesmeerde panne en bak tot gaar 25 – 30 minute by 190°C.
Versier met u gunsteling versiersel.
As nagereg: Dien op saam met vla en vrugte. Ook ideal vir koekstruif.
Idee:
Ronel Van Jaarsveld – Die lekkerste filling is 1 blik fyn pynappel, 1 blik kondensmelk en 1 pakkie pynappel jellie opgelos in 1 koppie kookwater.
Meng alles en vul flan doppe, klits room styf en versier. Jy kan enige vrugte gebruik.
Ilze Kritzinger – Ek het karamel onder gesmeer, sjokolade kitspoeding aangemaak met helfte melk, helfte room, dit ingeskep en afgerond met styfgeklitse bakkers room en gerasperde sjokolade.
Love your easy recipes
Regards Ray Trueman
Daai wenner flan randkoek is beslis n wenner, baie dankie!!