Your Recipe Blog

GEKRUIDE WORTEL HUMMUS

GEKRUIDE WORTEL HUMMUS

Ek is mal oor die kombinasie van gekarameliseerde wortels en speserye, dit proe soos ‘n toer deur veraf lande, ek sal sommer maklik als alleen opeet!

Die resep lewer 1 bakkie doopsous, maar kan maklik aangepas word. Geniet saam met groente stokkies en pita broodjies vir ‘n lekker middagete bederf.

  • 2 medium grootte geelwortels, geskil en in blokkies gesny
  • 3 knoffelhuisies
  • 15 ml ras-el-hanout speserymengsel (https://yourrecipeblog.com/recipes/ras-el-hanout/)
  • 45 ml heuning
  • 45 ml olyfolie
  • 60 ml neute van jou keuse (ek het grondbone gebruik)
  • 30 ml tahini (jy kan dit vervang met ‘n neutbotter van jou keuse)
  • sap van ‘n halwe suurlemoen
  • 1 blikkie kekerertjies, gedreineer (behou die vloeistof)
  • sout na smaak

Voorverhit oond tot 160°C.
Plaas die wortels, knoffelhuisies, neute, ras-el-hanout, heuning en olyfolie in ‘n oondvaste bake n meng goed deur.
Rooster vir ongeveer 2 ure tot die wortels sag (maar nie pap) en gekarameliseer is.
Terwyl die wortels in die oond rooster, dreineer die kekerertjies en verwyder die skilletjies.
Skep die wortels, insluitend al die pansouse in ‘n voedselverwerker en pols tot glad.
Voeg die keukerertjies en tahini of neutbotter by en pols vir 2 tot 3 minute tot glad, terwyl jy geleidelik die suurlemoensap byvoeg.
Toets die geur van die doopsous en voeg sout by indien nodig.
Indien die doopsous te dik is, voeg geleidelik van die kekerertjie vloeistof by, tot die doopsous glad en romerig is. Die sous moet nie loperig wees nie.

Resep en foto: Karen Homan

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page