Your Recipe Blog

FRAN SE SJOKOLADE KOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 45 - 55 minutes

FRAN SE SJOKOLADE KOEK

  • 250 ml koekmeel
  • 250 ml suiker
  • 4 eiers
  • 1 teelepel vanilla
  • 3 teelepels bakpoeier
  • 170 ml water
  • 100 ml olie
  • 3 teelepels Jacobs koffiepoeier
  • 6 teelepels kakao
  • knippie sout

Sif meel, kakao en sout saam.
Maak koffie aan met bietjie warm water en vul verder op met koue water en voeg olie by.
Klits eiers, suiker en vanilla saam. Sit die koffie / olie mensel by, meng op hoë spoed.
Skep die meel mengsel bietjie bietjie by terwyl jy heeltyd meng.
Laaste kom bakpoeier in.
Skep in ‘n oondpan of 2 groot ronde koek panne.
Bak by 160 °C vir so 45 – 55 min of tot toetspen skoon uitkom.

Foto:  Ek het vandag die koffie en kakao uitgelos, maar wel 5 teelepels Maizena bygevoeg.
Het ook water inhoud met so 50 ml minder gemaak en 250 ml Granadilla pulp bygesit.

Versiersel op stoof gebruik met gel kleursel in:
https://yourrecipeblog.com/recipes/heerlike-versiersel-op-die-stoof/

Resep en foto: Frances Smith

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5