Your Recipe Blog

DOPPIES OP OMGEKEERDE PANNETJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 10 minute

DOPPIES OP OMGEKEERDE PANNETJIES

  • 2 koppies koekmeel (500 ml)
  • 125 ml versiersuiker
  • knippie sout
  • 125 g sagte botter/margarien
  • 2 eiergele
  • 60 ml yswater

Sif die meel, versiersuiker en sout saam. Vryf botter daarby in tot dit soos broodkrummels lyk.
Klits eiergele en yswater saam. Voeg by meelmengsel en druk bymekaar tot deeg vorm.
Sit deeg in plastieksakkie en verkoel in yakas vir 30 min.
Rol deeg tussen 2 lae waspapier tot ongeveer 3 mm dik uit. Druk ronde vormpies uit.
Draai die kolwyntjie pannetjies onderstebo, spuit goed met nie-kleefwerende middel en sit jou deeg sirkel op elke hobbel, druk dit net mooi om die pannetjie se ronding vas en bak vir so 10 min.
Haal versigtig af en pak op rakkie om af te koel.

Resep en foto: Marinda van Tonder

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page