Your Recipe Blog

DEEG VIR ‘N DIK PIZZABASIS

Recipe by
Cook: 20 min | Servings: ongeveer 16 porsies

DEEG VIR ‘N DIK PIZZABASIS

Ek het die resep dubbel aangemaak vir die hoeveelheid op die foto.

  • Deeg:
  • 4 koppies koekmeel
  • 1 knippie sout
  • 2 eetlepels suiker
  • 1 pakkie gis
  • 2 koppies louwarm water
  • 2 eetlepels olie
  • Ekstra:
  • tomato passata
  • ham, spek, sampioene, Russians, kaas ens vir bo-laag

Meng die deeg bestanddele saam.
As die deeg nog te nat lyk, voeg nog meel by totdat dit nie meer te klewerig is nie.
Die deeg moet lekker glad wees en ‘n mooi ronde bal vorm en nie drade trek as jy daaraan vat nie.
Smeer ‘n bak uit met olie en plaas die deeg daarin.
Bedek met ‘n lap en laat rys op ‘n warm plek.
Laat staan vir ongeveer ‘n uur tot ‘n uur en ‘n half.
Voorverhit die oond tot 180°C. (ek het ‘n waaier oond)
Gebruik ‘n lekker groot bakplaat of oondpan.
Spuit met nie kleefwerende middel. Sprei die deeg eweredig daarop.
Smeer met tamatiepuree (tomato passata).
Plaas die bolaag van jou keuse op, strooi kaas oor en laat staan totdat die oond die regte hitte bereik het.
Vir die bolaag kan jy jou gunstelinge gebruik soos ham, spek, sampioene, Russians ens.
Bak vir 20 minute en geniet.
Die resep lewer ongeveer 16 redelike stukke pizza.

Resep en foto: Sherelle Potgieter

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page