DEEG VIR DOPPIES EN HORINKIES
Ek het vandag vir die eerste keer suksesvol doppies gebak.
- 750 ml koekmeel
- 3 ml sout
- 5 ml bakpoeier
- 250 g bak margarien
- 2 eiers
- 15 ml suiker
Sif al die droë bestanddele (behalwe suiker) saam en vryf botter in.
Klits die eiers en suiker tot skuimerig.
Voeg die eiermengsel by die meelmengsel en meng tot sagte hanteerdbare deeg.
Rol dun uit, druk groot genoeg sirkes uit, plaas in gespuite pannetjies.
Prik die bodems met vurk en bak 10 minute teen 190°C tot mooi bruin.
Nota:
Ek het ook dieselfde deeg gebruik en horinkies gebak.
Resep en foto: Willem Bierman














ek die resep probeer vandag glad nie lekker deeg bietjie styf en as ek dit rol kraak dit ek resep presies gevolg 🙁
Naleen baie dankie vir jou terugvoer. Daar kan baie dinge wees wat dit veroorsaak, watter grote eiers het jy gebruik? En het jy bak margarine gebruik en dit mooi in gevryf in die meel in. Ook die klits van jou suiker moet baie goed gedoen word dat die suiker heeltemal smelt. As die deeg te styf is, sal dit kraak as jy dit probeer rol, jy kon net ‘n paar druppels melk bygesit het en weer deur gewerk het sodat jy ‘n aanteerbare deeg kan kry.
Werk ook met jou hande in die deeg, die hitte van jou hande smelt die botter en maak dat jou deeg mooi bymekaar kom.