Your Recipe Blog

CORRIE SE STAATMAKER DEGIE VIR PASTEITJIES

CORRIE SE STAATMAKER DEGIE VIR PASTEITJIES

Kosmaters vertel: “ek het al letterlik honderde vleistertjies op bestelling hiermee gebak – maklik, vinnig, goedkoop en lekker”.

  • Deeg:
  • 2 koppies koekmeel
  • 230 g margarien (Stork)
  • ½ koppie kookwater
  • sout

Gooi margarien in kookwater – na rukkie sal dit heeltemal smelt. Voeg by meel en meng. O ja, so bietjie sout ook.
So lekker slap degie. Moenie skrik nie. Plaas in yskas (so uur of wat tot styf en hanteerbaar.) Rol uit en gebruik!

  • Vulsel:
  • 2 kg maalvleis
  • 2 kg aartappels
  • 2 eetlepels Steak en Tjops geurmiddel
  • 2 teelepels sout
  • ½ kg gemengde groente

Kook saam tot droog en maak goed fyn.

Wenke:
My Ma het jare gelede vir ‘n tuisnywerheid gebak en het die resep gebruik. Ek gebruik dit ook vir alles. Wat ek doen, ek sit die deeg so vir 5 min in die vrieskas, (in mengbak) meng dan weer deur en weer 5 min in vrieskas en meng weer. Dan is die deeg mooi glad. Sit dan in yskas vir paar ure. Ek gooi glad nie sout by nie en die wonderwerk is dan gee die deeg nie sooibrand nie. Ek gooi dan net so bietjie meer sout in my vleis. Vir my werk Spar margarien die beste.

  • Gebruik die volgende op 1 kg maalvleis:
  • 500 g margarien
  • 1 koppie kookwater
  • 4 koppies koekmeel, is omtrent genoeg vir
  • 1 kg maalvleis

Jy kry omtrent 4 dosyn vleisrolletjies uit. Die geheim van die deeg is om dit yskoud te hou terwyl jy daarmee werk.

Resep geplaas deur: Daleen Brits
Foto: Elizabeth Haupt

Wenke:
Wilma van Niekerk – Die ‘wenke’ kom van my af.🤪🤪gebruik al jare hierdie deeg. Het vanoggend weer 17 dosyn gemaak vir bestellings. Beste en lekkerste deeg ooit!

Kommentaar:
Theuns Bester – Dis ‘n resep wat Dalene Brits op die groep geplaas het so ‘n rukkie terug. Ek het geen idee wie Corrie is nie. Al wat ek weet is dat hierdie deeg resep die beste deeg resep is wat ek nog ooit gebruik het.

Category:

One Review

  1. Loraine Freitag
    Ek kan getuig dat die deeg van Corrie rerig ń staatmaker is. Heerlike pasteie gemaak. Interesant as jy nie sout in die deeg inwerk nie gee die pastei ook nie mense sooibrand nie.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5