CORA SE MUFFIN PIZZA’S
Hier is my deeg vir pizza.
- Sif dit saam in ‘n mengbak en maak ‘n holte:
- 3 koppies meel
- 3 teelepels bakpoeier
- Meng in ‘n maatbeker:
- 1 koppie melk
- 100 ml olie
Voeg dan die melk/olie by meel en meng tot ‘n deeg.
Plaas op ‘n meelbestrooide werksoppervlak en knie of druk met die handpalm tot ‘n hanteerbare deeg.
Breek bolletjies af en rol sirkels vir pizza.
- Sous vir pizza:
- 60 ml tamatiesous
- 45 ml olie
- 45 ml warm water
Meng die bestanddele saam en smeer op die pizza basis.
Sit dan op die pizza waarvan jy hou en laaste gerasperde kaas.
Bak in oond by 180°C vir 15 tot 20 min.
Resep en foto: Cora Naude