Your Recipe Blog

BOEREWORS MET SAMPIOENE IN COKE SOUS

BOEREWORS MET SAMPIOENE IN COKE SOUS

Ek het die boerewors met sampioene in Coke sous gekook word bedien op krummelpap.

  • boerewors, in stukke gesny
  • 1 groot ui, in halfringe gesny
  • sampioene  gekerf – hoeveelheid na smaak
  • 1 koppie groen soetrissie stukkies
  • 2 eetlepels tamatiesous
  • 1 eetlepel bruinsuiker
  • 1 eetlepel sojasous
  • 1 eetlepel worcestersous
  • ½ koppie Coke
  • 1 groot eetlepel soppoeier bêremengsel

Braai die uie, soetrissie en wors saam in ‘n bietjie olie.
Maak ‘n sous van die tamatiesous, bruinsuiker, sojasous, worcestersous en coke.
Voeg by die wors en laat kook oor ‘n stadige hitte tot die wors gaar is.
Skep die wors uit en voeg die sampioene by die sous.
Voeg die soppoeier bêremengsel wat met bietjie water aangemaak is by.
https://yourrecipeblog.com/recipes/sous-beremengsel/
Kook die mengsel deur en giet dit oor die wors.
Bedien op krummelpap.

Resep en foto: Roni van der Walt

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page