Your Recipe Blog

RONI SE SOUS BÊREMENGSELS

RONI SE SOUS BÊREMENGSELS

Ek maak my eie mengsel wat ek saam met amper alles gebruik.

  • 1 pak Bisto
  • 1 pak Maizena
  • 2 pakkies bruin uiesoppoeier
  • 5 of 6 ander verskillende soppoeiers van jou keuse

Meng alles deeglik saam.
Bêre in lugdigte houer en gebruik soos nodig.

Nota:
Jy meng jou souspoeier met water net soos jy die Bisto sou gebruik.
Ek kom maande met so mengsel uit. Meng dit selfs in die maalvleis balletjies.
Jy kan natuurlik meer soppoeier ook gebruik.

Lorett Brittnell – Ek gebruik koekmeel in die Maizena se plek. As jou sousmengsel bietjie staan word dit waterig, maar nie as jy dit vervang met koekmeel.

Resep en foto: Roni Van der Walt

OF:

RONI SE SOPPOEIER BEREMENGSEL

  • 250 ml Bisto
  • 3 eetlepels Maizena
  • ½ pakkie elk van die volgende soppoeiers: bruin uie, tamatie, beesstert en sampioen

Meng alles deeglik en gebruik in kos, bredies oor vleispasteie, heerlik.
Glo my dit is al wat ek gebruik.
Gebruik eetlepes vol gemeng met water volgens die dikte wat jy verlang.

Resep: Roni van der Walt

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5