BOELIEBIEF EN SKYFIES GEREG
Vandag het ek die Tuna en Chips resep so ‘n bietjie verander. Ek het nie tuna gehad nie. Ek het die volgende gebruik as variasie.
Oorspronklike resep:
https://yourrecipeblog.com/recipes/tuna-met-kaas-en-uie-skyfies/
- 2 blikkies boeliebief, fyn gedruk
- 18 viennas, opgesny in ringetjies
- 2 groot pakke beef skyfies “chips”, gebruik na smaak, fyn gedruk in die sak
- 1 blikkie “Cream of Mushroom” sop (Ek het nog ‘n sakkie sampioensop by aangemaak in die blikkie met so driekwart water by.)
- 2 eiers, geklits
- gerasperde kaas en paprika, vir bo-oor
Meng alles deur, skep in ‘n oondbak en strooi kaas bo-oor. Strooi smoked paprika bo-oor.
Bak op 180°C sodat die kaas smelt.
Nota:
Besluit self hoeveel van alles wil jy gebruik. Ek het groot gemaak dat daar vir môre ook nog oor is.
Resep en foto: Marlene Mouton Carstens